Skip to main content

Breet vs Beeld - Dismissed


Wed, Feb 29, 2012

Geagte me Breet

 
U klag teen Annemarie van der Walt se rubriek Hoop vir die Kaap is hier nie! in Beeld het betrekking.
 
U sê dat die rubriek:
  • in slegte smaak aangebied is;
  • bedoel om Kapenaars as dom uit te beeld (u bestempel dit as ‘n blatante aanval op die intellek en integriteit van mense wat in die Kaap woon of van die Kaap af kom);
  • diskrimineer (soortgelyk aan diskriminasie op grond van nasionaliteit en ras); en
  • nie in die gees van gesonde provinsialisme (soos by sportondersteuners) geskryf is nie.
Anders as u, sien ek nie hierdie artikel in ‘n ernstige lig nie – ek dink dis satiries bedoel. Satire, soos ek dit verstaan, is ‘n literêre tegniek wat spot met mense as ‘n manier om hulle uit te lok. Humor en sarkasme is dikwels deel hiervan.
 
Die uitroepteken agter die kop is tekenend hiervan. Sonder daardie uitroepteken sou die kop dit as ‘n feit gestel het dat daar nie hoop vir die Kaap is nie. Nou is die kop prikkelend en duidelik ‘n mening (nie ‘n feit nie) – wat roep om reaksie.
 
Ek kan verstaan dat u dink dat die rubriek in slegte smaak aangebied is; ek is egter nie so seker daarvan nie. In elk geval lei swak smaak nie per implikasie tot ‘n verbreking van die Perskode nie; die kode verbied ook nie die gebruik van satire nie.
 
Daarom het ek besluit om u klag van die hand te wys.
 
U kan aansoek doen om appél teen hierdie beslissing waarin u die gronde daarvoor deeglik uiteensit. Rig u skrywe aan die voorsitter van die Appélkomitee, Regter Ralph Zulman. Hy kan by khanyim@ombudsman.org.za bereik word.
 
Met vriendelike groete (van ‘n mede-Kapenaar)
 
Johan