Breet vs Beeld
OPSOMMING
Die opskrif van die rubriek was, Hoop vir die Kaap is hier nie!
Hierdie bevinding van Adjunk- persombud Johan Retief was gebaseer op die Perskode wat voor 30 September 2022 gegeld het.
Ene Breet kla dat die rubriek
- in slegte smaak aangebied is;
- bedoel om Kapenaars as dom uit te beeld (hy bestempel dit as ‘n blatante aanval op die intellek en integriteit van mense wat in die Kaap woon of van die Kaap af kom);
- diskrimineer (soortgelyk aan diskriminasie op grond van nasionaliteit en ras); en
- nie in die gees van gesonde provinsialisme (soos by sport-ondersteuners) geskryf is nie.
Retief het die klag van die hand gewys omdat die teks satire was – ‘n literêre tegniek wat spot met mense as ‘n manier om hulle uit te lok. Humor en sarkasme was dikwels deel hiervan. Selfs al was die rubriek in slegte smaak, beteken dit nie dat dit per implikasie ‘n verbreking van die Perskode was nie, het hy bygevoeg.
DIE BEVINDING
Geagte me Breet
- in slegte smaak aangebied is;
- bedoel om Kapenaars as dom uit te beeld (u bestempel dit as ‘n blatante aanval op die intellek en integriteit van mense wat in die Kaap woon of van die Kaap af kom);
- diskrimineer (soortgelyk aan diskriminasie op grond van nasionaliteit en ras); en
- nie in die gees van gesonde provinsialisme (soos by sportondersteuners) geskryf is nie.