Dr. Rian Smith vs. Rapport
Hierdie bevinding is gebaseer op die skriftelike voorleggings van dr. Rian Smit en dié van Marga Ley, interne ombudsman van Rapport.
Klag
Smit kla oor ? storie in Rapport van 9 November 2014 onder die opskrif Só kul dokters jou – Hul laat jou dubbel betaal vir een operasie, doen onnodige toetse.
Hy kla dat die storie:
· asook die opskrif en plakkate die valse aantyging of insinuasie maak dat alle dokters, of dan die meerderheid van hulle, skelm is (wat dokters in die algemeen beledig);
· gebaseer is op ? vertroulike verslag wat ongetoetste en aanvegbare aantygings teen dokters en hospitale maak, en wat nog aan die Mededingingskommissie voorgelê moet word (en dat die koerant in die eerste plek nie oor die uitgelekte verslag moes berig het nie); en
· nie die kommentaar van al die belangegroepe bevat nie.
Die teks
Die storie handel oor ? verslag van die Raad op Gesondheidsfinansies (RGF) wat by die Mededingingskommissie ingedien sou word en waarin inligting oor die land se drie grootste private gesondheidsgroepe (Life, Mediclinic en Netcare) vervat is. Verskeie voorbeelde van finansiële wanpraktyke word voorgehou.
Rapport se verweer
Ley sê:
· Die berig is geskryf na aanleiding van aantygings in die RGF se verslag (dit word duidelik in die storie genoem) – niemand word van misdaad aangekla nie; en
· Verskeie sinne in die storie dui daarop dat die voorlegging nie beweer dat alle dokters medepligtig is aan finansiële wanpraktyke nie – dit is “sekere” spesialiste wat hulle aan die praktyke skuldig maak, rekeninge is “soms” tot 300% hoër as mediese fondse-uitbetalings, en pasiënte moet “soms” twee keer vir dieselfde prosedure betaal.
Sy vervolg: “? Regdenkende leser sal besef die inligting in die berig is eerstens aantygings wat nog nie as waar bewys is nie, en tweedens dat nie elke dokter se tariewe dieselfde is die. Die klaer sê self dokters stel hul eie tariewe op en erken daar is van hulle wat oorboord gaan.”
Ley redeneer ook dat die saak in die openbare belang is, en dat dit normale praktyk is om oor ? verslag te skryf – ongeag daarvan of dit “gelek” is of nie.
Ontleding
Ek het nie die presiese bewoording van die plakkate nie en kan my daarom nie daaroor uitlaat nie. My bevinding konsentreer dus op die opskrif en op die storie.
Skelm dokters
Die eerste vraag is of ? redelike leser by die lees van die opskrif en die storie sou dink alle dokters is skelm.
Ek glo nie so nie. ? Voorbeeld kan dalk help. Veronderstel ? opskrif sê: “Só steel ministers”, of “Só pleeg predikante egbreuk”. Die laaste ding wat ek daarin sou lees, is dat die hele kabinet of die meeste ministers diewe is, of dat alle predikante of die meerderheid van hulle ontrou is. By die lees en by die herlees van die opskrif wat hier ter sprake is, het ek dieselfde indruk gekry – nie alle dokters “kul” nie, ook nie die meerderheid nie.
Daar is egter wel ? probleem met die opskrif. Ley argumenteer self die storie maak dit duidelik dat dit om aantygings gaan. Sy skryf: “? Regdenkende leser sal besef die inligting in die berig is eerstens aantygings wat nog nie as waar bewys is nie…” (eie beklemtoning).
Dis korrek – en tog verander die opskrif ? aantyging in ? feit.
Die storie self doen dit nie.
Vertroulike verslag, ongetoetste aantygings
Dit kan waar wees dat die aantygings in die verslag ongetoets en aanvegbaar is. Solank daardie aantygings egter nie as feite voorgehou word nie, het die koerant alle reg om daaroor te berig.
Tweedens het die koerant bloot sy waghondfunksie vervul deur te berig oor sake wat in die openbare belang is.
Die argument dat die storie oor die inhoud van ? vertroulike verslag gehandel het en dat dit in die eerste plek nooit gepubliseer moes gewees het nie, is ook onoortuigend. Art. 1.1 van die Perskode stel dit duidelik dat nuus wettiglik bekom moet word – tensy dit in die openbare belang is (“unless public interest dictates otherwise”).
Geen kommentaar van belangegroepe
Die storie haal Netcare se direkteur van gesondheidsbeleid, me. Melanie da Costa, aan.
Dit sou beter gewees het as die koerant kommentaar van al drie hierdie groepe gepubliseer het. Ek is egter tevrede dat minstens een groep se mening wel gedra is. Ley se onderneming om lesers oor die verloop van sake in te lig, is ook belowend. Hopelik sal al drie groepe dan ? behoorlike kans kry om te reageer.
Bevinding
Skelm dokters
Die klag oor die storie word van die hand gewys.
Die klag dat die opskrif alle of die meeste dokters oor dieselfde kam skeer, word van die hand gewys.
Die opskrif verander die aantygings in die storie in ? feit. Dit is ? verbreking van Art. 10.1 van die Perskode wat lui: “Opskrifte…moet ? redelike weerspieëling van die inhoud van die berig wees.”
Vertroulike verslag, ongetoetste aantygings
Hierdie deel van die klag word van die hand gewys.
Geen kommentaar van belangegroepe
Hierdie deel van die klag word van die hand gewys.
Erns van oortreding(s)
Onder die opskrif Hierarchy of sanctions onderskei Artikel 8 van ons Klagteprosedure tussen minder ernstige oortredings (Vlak 1), ernstige oortredings (Vlak 2) en ernstige wangedrag (Vlak 3).
Die verbreking van die Kode soos hierbo uiteengesit is ? Vlak 2-oortreding.
Optrede
Rapport word versoek om Smit, en alle dokters wat in dieselfde bootjie as hy is, om verskoning te vra omdat die opskrif dit as ? feit gestel het dat (sommige) dokters hulle aan finansiële wanpraktyke skuldig maak. Die verskoning moet op dieselfde plek as die oorspronklike storie verskyn. Die teks moet aan my voorgelê word vir goedkeuring.
Gebruik asseblief die volgende sin aan die einde van die teks: “Besoek www.presscouncil.org.za vir die volledige bevinding.”
Aansoek om verlof tot appèl
Ons klagte-prosedure bepaal dat enige party binne sewe werksdae ná die ontvangs van hierdie beslissing aansoek om appèl by die Voorsitter van die Appèlkomitee, regter Bernard Ngoepe, kan aanteken. Gronde vir die appèl moet duidelik uiteengesit word. Hy kan by [email protected] bereik word.
Johan Retief
Persombudsman